Ons praat jou taal
Waarde vir geld, gehalte diens

Wie is ons?

BokSel is ‘n eg Suid-Afrikaanse en' Bok Radio se eie, onafhanklike selfoonnetwerk.
Ons gee vir jou die vryheid van keuse, daarom bied ons ‘n aantal bekostigbare opsies wat jou leefstyl én begroting pas.
Met BokSel het jy werklik vrye teuels - daar is geen 24-maand kontrakte nie, en jou ooreenkoms beloop van maand tot maand. Jy kan enige tyd op - of afgradeer. Wat jy sien, is wat jy kry - uiters bekostigbare oproep - en datakostes, en persoonlike kliëntediens!

Ons aanbod

‘n Selfoondiens behoort eenvoudig en sonder kinkels te wees. Met BokSel is dit presies die geval.
Jy bly te alle tye in beheer: struktureer jou eie pakket, bestel jou SIM-kaart en laat dit by jou deur aflewer – alles aanlyn. Geen rye en geen vrae! Jou BokSel-profiel laat jou toe om jou SIM-kaart self te RICA en aktiveer, asook om jou pakket te verander soos dit jou pas. Sluit vandag by BokSel aan.

Kies ‘n pakket